Oom Ratel en die onderwys

Ja, julle mense. Hoe gaan dit vandag met julle? Wat maak julle? Ek hoop julle doen iets wat ek nie sal doen nie.

Ek sit nou hier op my stoep en suig aan ʼn lekker soet heuninkoek. Ou Blompot wat by die kwekery op die dorp werk het my laat weet daar is ʼn byenes wat by sy huis sy intrek geneem het.
Ou Blompot het geweet hierdie oom sê nooit nee vir twee dinge nie: ʼn glasie Jose Cuervo tequila envars heuning nie.

Dit was ook nie hierdie oom se eerste keer wat hy bye uithaal nie. Toe ek daarkom het ek eers vuur gemaak om die bye uit te rook. Die eerste keer toe ek vir my heuning by die bye wou ‘leen’ was daarop die plaas waar oupa geboer het.

Ek het die fout gemaak om heel eerste my hande in te steek en die bye was nie juis beïndruk met my vindingrykheid nie. Toe daardie eerste tien my steek toe weet ek boeta, hier moet ek pakgee.
Met die spoed van Usian Bolt het hierdie oom vir die vale gehardloop. Dit het nie veel gehelp nie, want nes die slaapgogga vir Rip van winkel gevolg het, volg hulle my. Ek hoor die zoem-geluide wat al hoe nader kom.

Ek kom toe by die rivier aan en ek duik in soos ʼn Olimpiese duiker en hoe my kop onder die water totdat dit voel asof ek gaan ‘uitpass’. Toe ek my kop bokant die water lig sien ek hulle is weg. Daardie aand moes ouma salf op my steekplekke smeer.

Ou Blompot sê sy kinders is nou keelvol vir die skoolganery by die huis. Hulle wil terug gaan skoolsoos hul ousus. Die oudste is in matriek en hy reken daar is nie ʼn katse kans dat hulle matriek voordie einde van die jaar gaan skryf nie. Die jaar was te ontwrigtend. Ja, ek is geneig om met hom saam te stem.

Veral die matrieks moet hulle laaste skooljaar kan koester. Oom Ratel se matriekjaar was nie sleg nie. Prefek, koshuisonderhoofseun, lid van eerste-rugbyspan en nog ʼn rits ander hoogtepunte om op te noem.

Blompot reken sy vrou wat vanaf die huis as ʼn boekhouer werk moet heeltyd help met skoolwerk en haar geduld en weerstand is op. Blompot sê ‘home-schooling’ is nie so maklik soos almal gedink het nie. Hy het nou baie meer respek vir onderwysers.
Ja, die meeste grade gaan nou eers oor 4 weke weer skool toe. Oom Ratel sal egter nie verbaas wees as hulle (die kabinet) dit ook uitstel nie. Die virus gaan daardie tyd nog nie lê nie.

Kyk na al daardie lande in Europa wat die streng maatreёls verslap het en kyk hoe vinngig begin die virus weer optel.

Hierdie oom dink ons moet volgende jaar (2021) van voor af begin. Hopelik is daar daardie tyd ʼn teken van ʼn ‘vaccine’. Almal het ʼn opinie. Daar is nie regtig ʼn regte keuse nie, maar op die oudeinde vat ons die veiliger keuse vir die kinders en die onderwysers.
Dit sou in elkgeval te ontwrigtend wees as skole moet toemaak vir ʼn week dat die skool ontsmet kan word.
Julle moet ʼn lekker dag verder hê, stroopsoet soos hierdie heuning.

OOM Ratel

Goeiedag my mede-aardbewoners.

Julle ken my dalk nie. Noem my sommer OOM RATEL. Ek is maar een van julle wat hier in hierdie Piesangrepubliek van ons bly. Ek is dalk die man op straat (met die masker aan) of die plaaslike predikant wat op YouTube oor die onheil preek.

Ek sit nou by die Watergat, die plaaslike kroeg en restaurant en eet ʼn smaaklike Magrietjie-pizza met ekstra olywe. Ja, hierdie oom hou van die fyner dinge in die lewe. Hierdie oom kan nou net nie sy gewone glasie Oudemeester in sy mond laat rondspoel nie, want dit word verbied.

Ek sal nou moet tevrede wees met my dubbel espresso.

Ek is so bly die die eetplekke kon weer oopmaak. Padda wat die Watergat besit is ʼn ou pel van my. Al is daar nou so baie vereistes waaraan hulle moet voldoen, kan hulle darm ʼn paar rand in die sak bykry en die personeel kan betaal word.

Ek kry vir ou Maansie en vir Tjol nogal jammer. Hulle is die Watergat se eie weergawes van ‘Norm en Cliff’. Jong kinders van vandag ken mos nie vir Cheers nie. Dit was nou ʼn lekker show.

Toe hulle sien die plek is oop, het Maan sy skoonma net so in die kar gelos en Tjol sy vrou by die tandarts en hulle het hulself gehaas na die kroeg vir ʼn bier of ses. Groot was hulle hartseer toe hulle hoor drank mag nie bedien word nie.

Hulle kon wel drank koop en by die huis gaan drink, maar Tjol kan nie, wan sy skoonpa wat by hul huis is op die waterkar en Maansie se skoonma is Dominee se suster.

Ou Tjol het amper begin te huil, want hy vra “Eers sigarette, nou drank, wat volgende?” Albei is nugter daar weg.

Dit was ʼn besige dag. Ek was by die hardewarewinkel om rotgif te koop. Die goed loop my plafon stukkend en die kat is pateties.Ek is sommer lus en gee haar aan by die SPCA. Toe het ek ʼn draai gaan maak by die koӧperasie waar ek die manne van OuToring raakgeloop en bietjie gesels het oor die oes wat van die lande afgehaal is en die korona wat die veilings so bietjie bemoeilik.

Daarna is ek na Bokkie se slaghuis toe. Ek was lus vir skaapstertjies. Ek het bestel en daarna is ek na my prokereur oor my komende hofsaak. Ons sal ander keer daaroor praat.

Buite die apteek loop ek vir tannie Pou raak. Sy vertaal my haar jongste, Boetjan wil nie meer saam met sy broers (daar is vyf van hulle) boer nie. Hy gaan nou Nieu-Seeland toe verkas.

Hy gaan glo op ʼn melkplaas in die Suid-eiland werk. Hy is ook getroud met twee kinders. Intussen wag hy nou vir hierdie epidemie om soos die Spaanse griep te verdwyn.

Dit is een van die redes hoekom tannie Pou hartseer is. Sy is bang haar klein bloeisels gaan verengels daar in Kiwiland.

“Die kinders gaan nie meer hulle FAK-liedjies ken nie en ek sal nie meer met hulle in hul moedertaal kan praat nie,”

Ek probeer haar toe troos en sê, “Toemaar tannie, alles sal uitdraai soos dit moet.Geskiedenis herhaal homself mos.

Destyds na die Anglo Boere-oorlog het die boere moes padgegee na plekke soos Rhodesiё (Zimbabwe) waar hulle die dorp Enkeldoorn gestig het; Kenya toe waar hulle vir Eldoret gestig het. Party het noordwaards getrek na Suid-Wes en Angola en party het selfs hulself gaan vestig in Patogoniё in Argentiniё. Al was hulle ver van Suid-Afrika het hulle en hul nageslagte nog steeds Afrikaans gepraat of die tradisies gevolg.

Daar was selfs NG Kerke in Kenya en in Rhodesiё en die Afrikaanse Argentyne kan nog steeds Afrikaans praat en eet nog eets melkert 100 jaar na hul voorgeslagte daaraan gekom het.

Ons lewe in ʼn tydperk van uitnemende tegnologie en internet toegang. Die ‘expats’ oorsee het maklik toegang tot Afrikaanse musiek, boeke en Suid-Afrikaanse produkte soos Simba Chips en Mrs.Balls Chutney. Daar is groot groepe Suid-Afrikaners oorsee woonagtig en hul vorm daar hul eie ‘klieks’ wat alles saam doen soos braai en kuier en mekaar se eie ondersteuningsnetwerke vorm.

Die wêreld raak klein en danksy video-oproepe kan mens maklik kommunikeer, self in Afrikaans. Sê vir die oom tannie wil nie meer NAMPO of Hartenbos toe gaan nie, tannie wil daardie kant gaan kuier.”

Dit het die tannie bietjie gekalmeer en sy is met ʼn geruste hart daar weg. Van al die pratery het ek honger geword en nou is ek hier.

Lekker dag verder.

Brief vir die toekoms

Hello aan al die Tiefspeech-lesers
Hoe gaan dit met julle almal? Die tyd vlieg omtrent? Sondag die 5de Julie is ons al 100 dae onderlockdown. ʼn Mens verlang na die ou dae voor ons nog ooit iets gehoor het van Covid-19.
Wat maak julle alles? Ek is bly die meeste winkels is oop en ons kan weer gaan werk om geld te kry om kos op die tafels te sit. Ek is ook bly ons kan weer in restaurante eet, die bottelstoor besoek en kerk toe gaan. Ek voel jammer vir almal wat in hul werk verloor het of nie kan werk nie.
Tenminste gaan dit aan op die plase soos voorheen. Die boere stroop nou laat dit bars.Die enigste nadeel is dat plaasaanvalle toeneem. Ek is bly die jagters kan nou weer jag, dat ons genoeg billies kan hê om te eet.
Ek kry die eienaars van diereparke soos die Hoedspruit Endangered Species Center en Moholoholo Wildlife Center jammer, want sonder besoekers en skenkings moet hulle sukkel om kop bo water te hou.
Ek is nie ʼn roker nie, maar kan die regering nie ʼn plan maak nie? Dis darem nou te lanklaas sedert mense ʼn ou twakkie gekoop het.
Dit gaan goed met my. Ek is ook terug by die werk, maar don’t worry ek is baie versigtig. Dit pla my as ek deur die dorp ry en ek sien daar is mense sonder maskers. Hoe roekeloos kan mees. As jy nie een kan bekostig of maak nie, vat ʼn ou hemp of ʼn onderbroek.
Ek lees deesdae John Sandford se Lucas Davenport-reeks wat handel oor die beste speurder in Minnesota, USA en JC Box se Joe Picket-reeks wat handel oor ʼn veldwagter in die Big Horn-berge.
East Coast Radio is volgens my die beste radiostasie in die Suiderlike Halfrond.
Ek kyk ook na Downton Abbey en NCIS op AmazonVideo. Ek moet bieg, ek het nooit gedink ek sal daarvan hoe nie. Ek hoop die TV-bedryf in die VSA kan binnekort weer hervat word anders gaan ons niks hê om te kyk nie.
Wat mis julle? Ek mis die res van my lewe voor die koronavirus kop uitgesteek het en ons nie daaroor moes bekommer nie.
Sport word ook stadig, maar die groenlig voor gegee om weer te begin. Nieu-Seeland en Rusland se rugbyspanne speel al.
Hopelik einde Augustus, begin September is dit ons beurt.
Stadig, maar seker kom die ou lewe terug, maar dinge gaan nooit weer dieselfde wees nie.
Byvoorbeeld, ons gaan baie meer afhanklik wees van tegnologie as voorheen. Kyk nou net hoe baie vergaderings hou ons nou op ZOOM.
Die wetenskaplikes moet nou die has uit die hoed pluk sodat ons ʼn vaksine kan kry.
Die infeksiekoers styg nou daagliks, noudat die regulasies verslap word. Ek is nogal bang vir die virus.
Ek het darem ʼn long en griepinspuiting om my ʼn hupstoot te gee. Nie dat veel sal help nie.
Ten minste weet ek hierdie pandemie is wêreldwyd. Ons almal is saam in een bootjie. Daar in Brasilïe en die VSA gaan dit darem nog rof. Dis wat gebeur as ʼn leier nie iets gevaarliks ernstig opneem nie.

Ons praat weer

Totsiens

Brief vir diegene wat nie daar was nie

Goeiedag alle lesers

Hoe gaan dit met julle? Laas toe ons gepraat was dit aan die begin van die #Lockdown. Nou trek ons al by Week 11. Of eerder, Level 3.

Ons gaan moet sien wanneer ‘Level 2’ sy opwagting gaan maak.

Elke dag gaan stilletjies verby. Daar is darem meer verbeterings as aan die begin: Die bottelstoor is oop, meeste mense kan gaan werk, ons kan warm etes koop en ons kan kerk toe gaan. In die plekke oorsee waar dit rof gegaan het soos Spanje en Italiё gaan dit darem beter.

Lande regoor die aardbol begin om die ‘Lockdowns’ te verlig. Sport gaan op sommige plekke weer hervat word, grense en toerisme besienswaardighede word oopgestel en meeste mense kan nou buite rondloop.

Baie dinge het verander.

  • ·         Almal loop met maskers rond asof dit die Wilde Weste is
  • ·         Fisiese kontak is op ʼn minimum. Hoe moet ʼn man nous y ‘goose’ soen?
  • ·         Mense gebruik nou hulle stowe by die huis meer as ooit
  • ·         In sommige plekke soos SA mag mens nie drank eetplekke drink nie
  • ·         Sangers moet nou online-konserte gee
  • ·         Niks meer gekuier oor naweke nie (party mense doen dit dalk, hulle ‘post’                dit dan net nie op Facebook en Instagram nie)
  • ·         Tabakprodukte soos twak en skywe mag nie meer op die rake verskyn nie.

Die lewe gaan ook aan. Daar gebeur dinge wat die aandag wegvat van die COVID-19

  • ·         Elon Musk se vuurpyl-projek vir Mars wat suksesvol was
  • ·         George Floyd se verskriklike wrede dood en die repurkursies wat dit veroorsaak het

Ek mis die ou dae. Ons besef nie hoe goed dit eintlik was nie. Ek wonder of die lewe soos ons hom geken het, sal terugkeer. Of gaan ons net moet aanpas met die tye?

Lekker dag verder.

CJ-hulle is nie die enigstes wat vir ander lande wei

Al wat ʼn Suid-Afrikaanse rugbyondersteuner is betreur die saak dat jong, talentvolle rugbyspelers hul tasse pak en hul heil oorsee gaan soek.
Daar is heelwat van hulle in sterk rugbylande soos Frankryk, Engeland en Japan waar die betaling uiters lonend is. Dan is daar ʼn klomp spelers in die VSA se Major League Rugby en in Rusland se Professionele Rugby Liga.
Vir hulle is dat ʼn opwindende van avontuur, ʼn lekker lewenstyl en goeie geld om eendag te gebruik as hulle die spel vaarwel toegeroep het.

Party van daardie spelers kwalifiseer binne ʼn paar jaar later vir hul aangenome land. Daar is baie voorbeelde bv. CJ Stander (Ierland), Paul Willemse (Frankryk) of WP Nel (Skotland).

Party is klaar op die randjie van insluiting, maar danksy die COVID-19 moet hul debuut eers bietjie
wag.

Die kanse is goed dat iemand soos Jaco van der Walt, Duhan van der Merwe (albei Skotland); Ruan Ackerman (Engeland) en Grant Hattingh (Japan) sodra internasionale rugby weer hervat word vir hul aangenome land kan speel.
Dit is nie waar dit ophou nie. Daar is baie meer Suid-Afrikaners wat vir ander (minder rugbybekende) lande speel as wat ons dink.

Hierdie lys is glad nie in enige volgorde nie.
1. JW Bell (Spanje)
2. Guiseppe du Toit (Kanada)
3. Grant Kemp (Hong Kong)
4. Matt Rosslee (Hong Kong)
5. Rubeun de Haas (VSA)
6. Hanco Germishuys (VSA)
7. Shaun Davies (VSA)
8. JP Eloff (VSA)
9. Marcell Brache (VSA)
10. Nico Vermaak (Denemarke)
11. Johan van Heerden (Romieniё)
12. Henri Boshoff (Zimbabwe)
13. Adriaan Botha (Noorweё)
14. JJ van Niekerk (Brasiliё)
15. Henjo van Niekerk (Brasiliё)
16. Renier Els (VAE)
17. Rikus van Niekerk (Sweden)
18. Jaco Otto (Duitsland)
19. Ayron Schramm (Duitsland)
20. Marcell Coetzee (Duitsland) (Nie die Springbokflank nie)
21. Raynor Parkinson (Duitsland)
22. Jarrid Els (Duitsland)
Sien julle, daar is heelwat name en nie een van hulle is juis bekend in plaaslike rugbykringe nie.
Ek weet daar gaan nog van ons spelers vir onbekende rugbylande speel. Wag nog so ʼn paar jaar.
Lekker dag verder

WEEK 11

Goeiedag alle lesers

Hoe gaan dit met julle? Laas toe ons gepraat was dit aan die begin van die #Lockdown. Nou trek ons al by Week 11. Of eerder, Level 3.

Ons gaan moet sien wanneer ‘Level 2’ sy opwagting gaan maak.

Elke dag gaan stilletjies verby. Daar is darem meer verbeterings as aan die begin: Die bottelstoor is oop, meeste mense kan gaan werk, ons kan warm etes koop en ons kan kerk toe gaan. In die plekke oorsee waar dit rof gegaan het soos Spanje en Italiё gaan dit darem beter.

Lande regoor die aardbol begin om die ‘Lockdowns’ te verlig. Sport gaan op sommige plekke weer hervat word, grense en toerisme besienswaardighede word oopgestel en meeste mense kan nou buite rondloop.

Baie dinge het verander.

·         Almal loop met maskers rond asof dit die Wilde Weste is

·         Fisiese kontak is op ʼn minimum. Hoe moet ʼn man nous y ‘goose’ soen?

·         Mense gebruik nou hulle stowe by die huis meer as ooit

·         In sommige plekke soos SA is die restaurant en kroeё nie oop, behalwe vir ‘take-aways’ nie

·         Sangers moet nou online-konserte gee

·         Niks meer gekuier oor naweke nie (party mense doen dit dalk, hulle ‘post’ dit dan net nie op Facebook en Instagram nie)

·         Tabakprodukte soos twak en skywe mag nie meer op die raKke verskyn nie.

Die lewe gaan ook aan. Daar gebeur dinge wat die aandag wegvat van die COVID-19

·         Elon Musk se vuurpyl-projek vir Mars wat suksesvol was

·         George Floyd se verskriklike wrede dood en die repurkursies wat dit veroorsaak het

Ek mis die ou dae. Ons besef nie hoe goed dit eintlik was nie. Ek wonder of die lewe soos ons hom geken het, sal terugkeer. Of gaan ons net moet aanpas met die tye of hoe?

Lekker dag verder.

Berig uit Isolasie

Hello my liewe lesers
Hoe gaan dit met julle? Ek het lanklaas vir julle geskryf. Ek hoop julle kan dit in julle harte om my te vergewe.
Interessante tye waarin ons deesdae lewe of hoe? Hierdie COVID-19 (koronavirus) het dinge nou behoorlik vir ons inwoners hier-op aarde kom deurmekaar krap.
Hierdie dodelike siekte wat eerste kop uitgesteek het in Wuhan, China het blitsvinnig om die wêreld heen versprei. Miljoene mense is al aangesteek en oor die tweehonderdduisend het al gesterf en wetenskaplikes sukkel nog om kop-of-stert uittemaak. Hulle moet wikkel en ʼn vaksine produseer.
Lande soos Spanje, VSA en Italiё loop lelik onder hierdie virus deur.. Wat die media egter nie vertel nie is hoeveel sieklikes wel volkome herstel het.
In Suid-Afrika het ons darem vroeg wakker geskrik en noodmaatreels is ingestel om ons te beveilig.
• Ons moet nou almal tuisbly en onsself isoleer van mekaar
• As ons siekvoel en die gepaste simptome wys moet ons getoets word
• As ons van die buiteland af terugkom of in kontak kom met iemand wat daardie
simptome het moet ons in ʼn 14 dae-kwarentyn geplaas word.
• Net diegene wat noodsaaklike werk doen word toegelaat om te gaan werk
• Jy moet toestemming (permitte) kry om iewers heen te gaan
• Alle sport is met een slag gekanselleer
• Ons moet heeltyd hande en gesigsmaskers dra as ons uitgaan
• Ons mag nie met mekaar kuier nie
• Ons het nou aanklokreёls
• Alle onderrig is gestaak
• Net sekere winkels mag oop wees
Om weke opgesluit te sit in jou eie huis is nie enige man se maat nie. My kop is gelukkig nog sterk. In die verlede as ek mos binne bly terwyl ander mag uit het my sielkundig sterk gemaak.
Ek hou myself maar besig. Ek lees boeke van o.a John Grisham, David Baldacci en Robert Galbraith wat ek lanklaas onder oё gehad het. Anders beplan ek aan my toekomstige verhale.
Dankie tog vir aanlyn-stromingsdienste soos AmazonVideo en Netflix en CatchUp van DSTV om my besig tehou. Ek kyk nou baie na Chicago Fire, Madame Secretary, NCIS en Hawaii Five-O.
So elke paar dae gooi ek bietjie my gewigte rond. Kenners reken mos mens moet jou spiere kans gee om te rus.
Vir agtergrondmusiek speel ek baie vanaf die App Spotify ʼn wye verskeidenheid van sangers se musiek: Shania Twain, Don Ho en Roy Orbison. My gunsteling genre is countrymusiek. My gunstelinge is Don Williams en Johnny Cash. My gunsteling liedjie wat ek nou al uit my kop uit ken is “Brown Eyed Girl” van Van Morrison.
Gepraat van musiek. As die gier my beetpak dan gryp ek my ou kitaartjie en wikkel die snare so bietjie vir ʼn melodie. Ek ken nie ʼn noot nie, maar ag, wat maak dit saak. Ek speel net vir myself.

As die weer lekker is ry ek buite rond in die tuin om bietjie grate Vit. D te ontvang. Baie keer dan gaan staan ek in die son en bak soos ʼn lui huiskat. Ek gaan kyk hoe lyk my groentetuin. My pietersielie, soet-uit en die rissies het gegroei in hierdie tydperk.
Om my dae vining om te kry, gaan slaap ek na vier, dat ek laat opstaan (gewoonlik 11h30) dan is ʼn groot deel van die dag mos verby.
Ek mis die tjommies, maar daarvoor is daar Whatsapp en Videocalls.
Ek mis dit om rugby te kyk, soms is ek sommer lus en gryp een van my paprugbyballe en blaas dit en druk sommer self ʼn paar drieё. Hierdie tyd sou daar klomp rugbywedstryde gewees het: Ek wonder hoe sou my klubspan en die Sharks gemaak het.
Ek wonder baie wat in die toekoms vir ons wag. Ek wonder baie keer hoe on shier deur gaan kom.
Soos Bob Dylan sing in een van sy lirieke, “The answer my friend is blowing in the wind,”.
Hier is darem voordele wat uit hierdie pandemie kom. Ons kon hierdie tyd benut om rustig tyd metons vriende en familie deur te bring en eenvoudig te lewe. Ons kon terugkeer na dinge wat saak maak. Ons het almal geleer om nuwe dinge te doen en dankbaar te wees vir ons lewe soos dit was.
Die natuur het ook begin om terug te neem wat aan hom behoort. Die lug is skoner, die diere loop rond waar hul voor die ‘lockdowns’ dit nie sou gewaag het nie. Kyk maar na die pikkewyne wat in Simonstad rondloop en die koedoes wat Pretoria se strate verken.
Dit is wonderlik om te sien hoe Suid-Afrikaners vir mekaar omgee en mekaar help. Ek het nooit besef die weermag het so baie mannekrag nie en ek is bly hul hulp is ingeroep Ek dink meer mense moet help met bystand. Dalk oud-medici?
Ek dink die skooljaar moet gestaak word. Die leerplan is nou heeltemaal ontwrig. Almal moet wegbly sodat ons volgende jaar (2021) kan hergroepeer en van vooraf begin. Al is almal nou een jaar ouer.
Lyk y die mense wat vir “homeschool” is het tog iets beet.
Ek is baie bly President Cyril Ramaphosa kon vir almal wys watter sterk l;eier hy is en hoe hy nie bang is om moeilike besluite te neem nie.
Almal kritiseer hom en stel ander alternatiewe voor , maar as dit flop sit hulle nie met die gebakte pere nie. As ek kyk hoe ander lande se leiers optree is ek dankbaar ons het hom.
Almal mis die dop en is maar neukerig daaroor dat die verkoop daarvan verbied word. Ek verstaan dit, ek mis dit ook om ʼn tequilatjie te vat, maar koskoop is die belangrikste. So, ja dis die einde van my relaas. Ons praat weer.
Lekker dag verder.

Isolasie-vertelling

Hello julle
Hoe hou julle dit uit in isolasie-tydperk waar ons onsself tans bevind? Staan julle nog sterk?
Ek moet erken ek is een van diegene wat hierdie virus totaal en al onderskat het. Nooit sou ek my kon indink dit sal met ons gebeur nie. Wys julle net hoe onvoorspelbaar die lewe is. Die nuwe jaar het nog so rooskleurig gelyk, vol beloftes.
Ek kry darem nie daardie gevoel ek die enigste een is wat deur ‘iets’ negatiefs geraak is nie. Al die aard bewoners is in dieselfde bootjie.
Daar was so baie om na uit te sien. Ek besef mens moenie sommer enigeiets as vanselfsprekend aanvaar nie. Jy weet nooit wat kan gebeur nie.
Maart-maand, so ʼn paar weke voor die ‘lockdowns’ was ek by ʼn troue. As ek nou terugdink daaraan besef ek die paartjie het net betyds getrou, voor ons almal moet #socialdistance en #selfisolate.
Al die mense wat mag gaan werk, wees asseblief veilig en let op met wie julle in aanraking kom. Dra
vir julle maskers, sommer selfgemaak. Die mense wat moet gaan kos koop, ek hoop julle koop-en-trap. Moenie onnodig buite rondhang nie. Dit vergroter net die risiko.
Ek kan dink dis nie maklik om tuis te bly en jou te isoleer nie. Mense met erwe kan nog in die tuin gaan stap. Ek kry mense jammer wat in woonstelblokke moet bly.
Kry vir julle goed om julle besig te hou. Gelukkig hou ek van lees en is ʼn tv-series fanatic en dit is ʼn groot tydverdryf. Baie mense leer nou baken kan nie help om te spog daarmee nie. Ek wonder net of dit so lekker proe soos wat dit lyk?
Dankie tog vir die boere en die fabrieke wat nog vir ons kan kos produseer. Zimbabwe sukkel seker of hoe?
Ek skrik partykeer hoe ek gou ek gewoond geraak het aan die ‘lockdown’. Ek was taamlik skrikkerig aan die begin, maar nou is ek gewoond daaraan.
Ek besef nie almal is so bevoorreg nie en vir hulle part hoop ek hulle mag binnekort weer gaan werk.
Ons is nou op vlak vier van die ‘lockdown’. Ek hoop regte dit verander nie weer na vyf toe nie. Ek hoop die publiek bly by die regulasies, anderste het ons moeilikheid.
Ek hoor hulle wil die skole geleidelik oopmaak. Plaas hulle net die skooljaar staak, dat almal volgende jaar van voor af begin. Al is almal jaar ouer. Anderste gaan die leerlinge mekaar net aansteek.
Die mense wat nou mag gaan draf, geniet dit. Ek jammer vir die nikotien-verslaafdes, maar ek voel nog jammerder vir die wat saam met hulle in ʼn huis moet bly.
Sterkte vir die tyd wat op julle wag. Ons praat weer.
Totsiens

Kwarentyn-skoffel

‘Haai’ almal
Winter is hier en dit lyk nie of die ‘lockdown’ gou iets van die verlede gaan wees nie.
Ons almal kort ʼn bietjie ʼn paar goeie treffers om die gemoedere tydens die Covid19-tydperk te lig. Ek gee vir julle my top 20 met ʼn Youtube-skakel by elkeen se naam as julle hulle wil hoor of sien.
Kry vir julle iets om te drink (dit sal beter wees as dit ʼn dop is), kry bietjie versnaperinge en kliek jy op die skakel.
1. Blowing in the Wind- Bob Dylan

2. Brown Eyed Girl- Van Morrison

3. Walking in Memphis- Marc Cohn

4. When You Say Nothing at All- Keith Whitley

5. American Pie- Don McLean

6. Leaving Louisiana- Oak Ridge Boys

7. Sweet Caroline- Neil Diamond

8. Toes- Zac Brown Band

9. I’m Gonna Getcha Good- Shania Twain

10. Summer of 69- Bryan Adams

11. Tennessee Whiskey- Chris Stapleton

12. Eighteen Wheels and a Dozen Roses – Kathy Mattea

13. Dangerous- Roxette

14. Rose Garden- Lynn Anderson

15. Dancing in the Dark- Bruce Springsteen

16. Tiny Bubbles- Don Ho

17. Carry on Wayward Son- Kansas

18. Build Me Up Buttercup- The Temptations

19. I Will Survive- Gloria Gaynor

20. Radio Dancing- Engelbert Humperdinck

Ek hoop julle geniet hierdie speellysie en dalk gee ek vir julle my volgende top20. Net die tyd sal leer.
Lekker luister

RUGBY 2020

Hello mense

Hoe gaan dit met julle? Het Eskom, die swak rand of die misdaad julle nog nie onder gekry nie? Ek hoor ons is nou in ʼn resessie.

Is julle bang vir die koronavirus? Ek is nogal skrikkerig. Hy is nou besig om reg oor die aardbol versprei te raak. Nugter alleen weet waar hy volgende gaan uitslaan.

Kom ons praat oor iets lekkerder. Rugby!

Ek moet sê ek was maar taamlik benoud aan die begin van die jaar. Ek was bang dat al die harde werk wat oom Rassie en die Springbokke laas jaar verrig het verniet was.

Ek dink egter nou ek het my verniet bekommer. Oom Rassie het die leisels stewig as SA Rugby se Direkteur van Rugby vasgevat. Nie net het hy ʼn puik aanstelling gemaak toe hy Jacques Nienaber met wie hy al goed saamgewerk het as afrigter bekendgestel het nie, meeste van die bestuurspan bly dieselfde nie.

Behalwe ou Matt Proudfoot wat na Eddie Jones-hulle toe verkas het as voorspelerafrigter. Deon Davids en Daan Human behoort hul man te staan.

Ek is opgewonde vir die jaar wat vir ons wag. Die Sharks en storm het hierdie Superseisoen kookwaterrugby opgelewer. Die Bulle en die Leeus moet bietjie aan die gang kom anders gaan hulle agter raak.

Daar moet ook bietjie ingegryp word by die Pr014-spanne. Ek dink oom Rassie moet ook bietjie daar gaan ingryp, veral by die Kings. Die Cheetahs moet bietjie diepte kry.

Ek is bly die keurders besef nou hul beste spelers is oorsee en kies hul dan vir die span. Ek is bly SARU lok groot name terug na ons land toe. Ek hoor Duane Vermeulen kom terug Bulls toe en Frans Steyn gaan saam met Ruan Pienaar vir die Cheetahs speel. Daar is selfs gerugte dat Jesse Kriel en Marcell Coetzee terugkom om in die Bulkraal te wei. Ek hoop dis waar.

Volgens my bronne kry 92 spelers ʼn deel van SARU se salaris-begroting as lokaas om in die land te bly.

Ek was bekommerd toe Franse-klubs belowende jong spelers opgeraap het voor ons neuse, maar nou lyk dit hulle kan nog steeds vir die Baba Bokke in aanmerking kom.

By die sewes gaan dit voor die wind. Ek dink egter SARU kan die vroue sewesspan bietjie verder ontwikkel en behulpsaam wees. Met ons goeie sewesstrukture is hul veronderstel om ook ʼn krag in vrouerugby te wees.

Ons land het baie talent. Kyk na die wonderlike rugby wat in die Varsity-beker en Varsity-shield gespeel word en al die pragtige drieё wat gedruk word.

Dit is ook ‘great’ dat SARU vanjaar meer in klubrugby gaan belê, want unies gaan meer op klubs moet staatmaak, want niemand kan meer hordes spelers kontrakteer nie. Self in Engeland word begrotings verminder.

Ek hoop die Supersport-uitdaagbeker kan nog vir jare voortgaan. Dit gee vir onbekende spelers kans om te ‘shine’. Maak nie saak wat gebeur nie, die Currie-beker moet jaarliks gespeel word. Dit is ʼn saak van eer.

Die Sesnasies het net lekker aan die gang begin kom met Les Bleus (Frankryk) se opmars na die titel na hulle skouspelagtige rugby gespeel het en die beroemde Franse ‘Flair’ hul heelbo op die ranglys gesit.Tot die koronavirus ʼn klip in hul pad gerol het en gesorg dat ʼn paar wedstryde uitgestel word om te keer dat die virus versprei.

Die res van die jaar wag en ek sien uit daarna uit om te kyk wat gebeur.

Totsiens

 

Design a site like this with WordPress.com
Get started