Brief vir die toekoms

Hello aan al die Tiefspeech-lesers
Hoe gaan dit met julle almal? Die tyd vlieg omtrent? Sondag die 5de Julie is ons al 100 dae onderlockdown. ʼn Mens verlang na die ou dae voor ons nog ooit iets gehoor het van Covid-19.
Wat maak julle alles? Ek is bly die meeste winkels is oop en ons kan weer gaan werk om geld te kry om kos op die tafels te sit. Ek is ook bly ons kan weer in restaurante eet, die bottelstoor besoek en kerk toe gaan. Ek voel jammer vir almal wat in hul werk verloor het of nie kan werk nie.
Tenminste gaan dit aan op die plase soos voorheen. Die boere stroop nou laat dit bars.Die enigste nadeel is dat plaasaanvalle toeneem. Ek is bly die jagters kan nou weer jag, dat ons genoeg billies kan hê om te eet.
Ek kry die eienaars van diereparke soos die Hoedspruit Endangered Species Center en Moholoholo Wildlife Center jammer, want sonder besoekers en skenkings moet hulle sukkel om kop bo water te hou.
Ek is nie ʼn roker nie, maar kan die regering nie ʼn plan maak nie? Dis darem nou te lanklaas sedert mense ʼn ou twakkie gekoop het.
Dit gaan goed met my. Ek is ook terug by die werk, maar don’t worry ek is baie versigtig. Dit pla my as ek deur die dorp ry en ek sien daar is mense sonder maskers. Hoe roekeloos kan mees. As jy nie een kan bekostig of maak nie, vat ʼn ou hemp of ʼn onderbroek.
Ek lees deesdae John Sandford se Lucas Davenport-reeks wat handel oor die beste speurder in Minnesota, USA en JC Box se Joe Picket-reeks wat handel oor ʼn veldwagter in die Big Horn-berge.
East Coast Radio is volgens my die beste radiostasie in die Suiderlike Halfrond.
Ek kyk ook na Downton Abbey en NCIS op AmazonVideo. Ek moet bieg, ek het nooit gedink ek sal daarvan hoe nie. Ek hoop die TV-bedryf in die VSA kan binnekort weer hervat word anders gaan ons niks hê om te kyk nie.
Wat mis julle? Ek mis die res van my lewe voor die koronavirus kop uitgesteek het en ons nie daaroor moes bekommer nie.
Sport word ook stadig, maar die groenlig voor gegee om weer te begin. Nieu-Seeland en Rusland se rugbyspanne speel al.
Hopelik einde Augustus, begin September is dit ons beurt.
Stadig, maar seker kom die ou lewe terug, maar dinge gaan nooit weer dieselfde wees nie.
Byvoorbeeld, ons gaan baie meer afhanklik wees van tegnologie as voorheen. Kyk nou net hoe baie vergaderings hou ons nou op ZOOM.
Die wetenskaplikes moet nou die has uit die hoed pluk sodat ons ʼn vaksine kan kry.
Die infeksiekoers styg nou daagliks, noudat die regulasies verslap word. Ek is nogal bang vir die virus.
Ek het darem ʼn long en griepinspuiting om my ʼn hupstoot te gee. Nie dat veel sal help nie.
Ten minste weet ek hierdie pandemie is wêreldwyd. Ons almal is saam in een bootjie. Daar in Brasilïe en die VSA gaan dit darem nog rof. Dis wat gebeur as ʼn leier nie iets gevaarliks ernstig opneem nie.

Ons praat weer

Totsiens

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started