Isolasie-vertelling

Hello julle
Hoe hou julle dit uit in isolasie-tydperk waar ons onsself tans bevind? Staan julle nog sterk?
Ek moet erken ek is een van diegene wat hierdie virus totaal en al onderskat het. Nooit sou ek my kon indink dit sal met ons gebeur nie. Wys julle net hoe onvoorspelbaar die lewe is. Die nuwe jaar het nog so rooskleurig gelyk, vol beloftes.
Ek kry darem nie daardie gevoel ek die enigste een is wat deur ‘iets’ negatiefs geraak is nie. Al die aard bewoners is in dieselfde bootjie.
Daar was so baie om na uit te sien. Ek besef mens moenie sommer enigeiets as vanselfsprekend aanvaar nie. Jy weet nooit wat kan gebeur nie.
Maart-maand, so ʼn paar weke voor die ‘lockdowns’ was ek by ʼn troue. As ek nou terugdink daaraan besef ek die paartjie het net betyds getrou, voor ons almal moet #socialdistance en #selfisolate.
Al die mense wat mag gaan werk, wees asseblief veilig en let op met wie julle in aanraking kom. Dra
vir julle maskers, sommer selfgemaak. Die mense wat moet gaan kos koop, ek hoop julle koop-en-trap. Moenie onnodig buite rondhang nie. Dit vergroter net die risiko.
Ek kan dink dis nie maklik om tuis te bly en jou te isoleer nie. Mense met erwe kan nog in die tuin gaan stap. Ek kry mense jammer wat in woonstelblokke moet bly.
Kry vir julle goed om julle besig te hou. Gelukkig hou ek van lees en is ʼn tv-series fanatic en dit is ʼn groot tydverdryf. Baie mense leer nou baken kan nie help om te spog daarmee nie. Ek wonder net of dit so lekker proe soos wat dit lyk?
Dankie tog vir die boere en die fabrieke wat nog vir ons kan kos produseer. Zimbabwe sukkel seker of hoe?
Ek skrik partykeer hoe ek gou ek gewoond geraak het aan die ‘lockdown’. Ek was taamlik skrikkerig aan die begin, maar nou is ek gewoond daaraan.
Ek besef nie almal is so bevoorreg nie en vir hulle part hoop ek hulle mag binnekort weer gaan werk.
Ons is nou op vlak vier van die ‘lockdown’. Ek hoop regte dit verander nie weer na vyf toe nie. Ek hoop die publiek bly by die regulasies, anderste het ons moeilikheid.
Ek hoor hulle wil die skole geleidelik oopmaak. Plaas hulle net die skooljaar staak, dat almal volgende jaar van voor af begin. Al is almal jaar ouer. Anderste gaan die leerlinge mekaar net aansteek.
Die mense wat nou mag gaan draf, geniet dit. Ek jammer vir die nikotien-verslaafdes, maar ek voel nog jammerder vir die wat saam met hulle in ʼn huis moet bly.
Sterkte vir die tyd wat op julle wag. Ons praat weer.
Totsiens

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started